Loader

Wortel & Vanilla Sponspoeding

2021-01-28
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.3 / 5)

4.3 5 8
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

8 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Waatlemoen Kersfees Koek

Lus vir ‘n ou soetigheid, lekker middel van die maand randrekker. Heerlik klam, lekkerder hoe langer hy staan.

Jy het nodig:
350g wit suiker
100g sagte Botter
200ml melk.
300g bruismeel
knippie sout
1 eetleepel vanilla essence
1 teeleepel kaneel
3 eiers
2 wortels, fyn gerasper

Verhit oond na 180°c

So gemaak
Sous
1 eetleepel vanilla essence
300ml water
250g suiker

Kook alles saam tot suiker opgelos is en stroperig raak
Verwyder van plaat en laat afkoel (nie yskas nie)

Meng suiker, botter, melk, eiers en vanilla goed saam tot lig en romerig
Voeg gerasperde wortel by, meng deur
Sif bruismeel, sout en kaneel saam en vou om die beurt by bottermengsel in
Giet in oondvaste bak wat liggies gebotter is
Bak vir 35 min en goudbruin

Gooi afgekoelde stroop oor poeding sodra uit die oon kom.
Plaas in yskas vir minstens 2 ure voor jy hom bedien

Lekker so op sy eie, maar kan ‘n wenner wees saam roomys of vla

Leave a Reply