Vetkoek
2014-11-02- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.7 / 5)
197 People rated this recipe
Related Recipes:
Hierdie resep lewer so 16 vetkoeke of 1 brood en is n baie lekker deeg.
Bestanddele:
1.25 kg koekmeel (gesif),
1 pakkie anchor kits suurdeeg,(10 g )
10 ml sout,
10 ml suiker,
3 koppies lou warm water met 1 eetlepel wit asyn daarin,
750 ml kook olie om vetkoek in te braai.
Maak deeg aan met die louwarm water en knie goed. Laat rus vir 10 minute en knie af. Maak 16 balle en plaas eenkant om weer te rys. Verhit olie. Maak nou die deeg plat en plaas in matige warm olie. Braai eers aan eenkant tot ligbruin en keer dan om en braai aan anderkant tot ligbruin.Die vetkoek sal sommer veerlig voel.
Comments (6)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Laurna Coetzer on August 20, 2015
Die beste kits-suurdeeg vetkoek ooit. Hierdie resep het my baie punte by my familie besorg! Dankie Irene! Kan amper net so eet sonder vulsel, dis so lekker.
posted by Lea on November 10, 2016
Hello – watter kits suurdeeg het jy gebruik? Anchor??
posted by Boerekos on November 10, 2016
Hallo Lea, enige klits suurdeeg is reg maar ek is ‘n groot vooraanstaander vir Anchor se produkte. Lekker bak !
posted by Frederick on November 21, 2015
HEERLIK
posted by Lenie on November 10, 2016
Geniet baie julle resepte en ek maak dit ook