Vet Lamsrib Kerrie
2015-09-29- Course: Hoofgereg
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.7 / 5)
13 People rated this recipe
Related Recipes:
1 kg vet lamsrib, vra jou slagter om op te sny
125 ml kookolie
1 lourier blaar
1 kaneelstokkies
1 eetlepel asyn
2 groot uie, gekap
1/2 teelepels vas fyn gemmer
¼ teelepel borrie
4 eetlepels sterk kerrie poeier
4 aartappels, geskil en halfeer
2 tamaties, fyngekap
1 eetlepel appelkoos konfyt
sout na smaak
2 x 500 ml kookwater
Verhit olie in kastrol, voeg uie by, braai vir ‘n paar minute tot uie sag is.
Voeg kerrie en gemmer , kaneelstokkie , lourierblaar , asyn en laaste borrie by, roer vinnig deur
Voeg tamatie by bring tot kookpunt
Verlaag die hitte en voeg vleis by roerbraai tot liggies bruin. Gooi 500ml kookwater by, sit die deksel op.
Laat prut oor matige hitte tot water verdamp het,
Voeg nog 500 ml kookwater by,sit aartappels in saam konfyt, sout na smaak
Bring tot kookpunt, en verlaag dan hitte. en kook stadig tot vleis en aartappels sag is
Bedien met witrys, roti’s, salsa en blatjang
Comments (2)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Deon van Staden on November 18, 2015
Lekkerste
kosresepte
posted by Marie Olivier on February 24, 2016
Deon
My mond water al klaar. Jou resepte is die beste.
Baie dankie
Marie