Traditionele Melksnysels
2018-02-07- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.1 / 5)
46 People rated this recipe
Related Recipes:
Koningskos vir die siel
2 kop koekmeel
½ tl sout
yskoue water
2 eiers
8 kop volroom melk
*eksta koekmeel vir sprinkel
*kaneelsuiker vir strooi
Breek eiers by koekmeel in en voeg sout by.
Gooi bietjies yskoue water op ‘n slag by, terwyl jy meng met vurk, tot ‘n stywe deeg vorm
Rol uit op ‘n meel gesprinkelde oppervlak.
Sprinkel nou koekmeel liggies bo-oor uitgerolde deeg en rol die deeg opop , plaas in yskas vir 20 min
Sny met ‘n skerp mes in dun repies) snysels,, sprinkel met koekmeel en maak snysels los van mekaar
Waneer deeg gereed is, bring die melk tot kookpunt in 2L kastrol
Gooi snysels by die kookmelk terwyl jy aanhoudend roer tot die meel heeltemal ingemeng is.
Bedek en laat prut stadig oor lae hitte vir 10 min.
Hou dop dat dit nie aanbrand nie
Skep die melkkos in bakke en bestrooi met die kaneelsuiker.
Jy kan nog melk bygooi indien mengsel te dik is.