Spanspekslaai
2009-02-27- Cuisine: Boerekos Resepte
- Add to favorites
Average Member Rating
(4 / 5)
3 People rated this recipe
Related Recipes:
Hierdie slaai is heerlik op ‘n warm dag
Benodighede
Slaai:
Paar slaaiblare
500 ml ( 2 k) spanspekblokkies of -balletjies
250 ml ( 1 k) vars of ingemaakte perskestukkies
250 ml ( 1 k) komkommerblokkies
Sous:
200 ml natuurlike jogurt
2 ml (½ t) suurlemoensap
10 ml ( 2 t) heuning
5 ml ( 1 t) gekapte vars kruisementblare — opsioneel
Bereiding
Slaai:
Plaas ‘n paar slaaiblare onder in ‘n slaaibak
Meng die spanspek, perske en komkommer en skep op slaaiblare
Sous:
Meng al die sousbestanddele en giet oor slaai
Verkoel tot benodig
Lewer 4 porsies