Slapdeeg Maalvleis Muffin Pasteitjies
2021-11-27Average Member Rating
(4.3 / 5)
7 People rated this recipe
Related Recipes:
Lekker randrekker. ‘n Wenner vir oorskiet kos.
Maalvleis gaargemaak volgens jou smaak, nie te loperig nie, … (of enige vulsel van oorsiet vleis, afgekoel
(hoender en mayo, tuna en mayo, oorskiet kerrie, spenasie en feta ens,)
Meng saam:
2 eiers
2 kop bruismeel
¾ kop melk
¾ kop olie
2 tl bakpoeier
mespunt sout
Aromat na smaak
knypie rooipeper
Deeg moet bietjie dikker as pannekoek deeg wees.
Spuit muffin pannetjies
Skep lepel vol deeg onder in skep dan een eetlepel vulsels van jou keuse.
Skep dan weer vulsel op om die maalvleis te bedek.
Bak teen 180⁰C vir ongeveer 15 min tot ligbruin