Romerige Hoender Pannekoek
2014-05-06- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.8 / 5)
6 People rated this recipe
Related Recipes:
(smul ete vir 2 persone)
Bestanddele – Beslag
110 g Meelblom
Sout
1 Eier
110 ml Melk
Olie om in te braai
Bestanddele – Vulsel
300 g Gaar Hoender
1 k Witsous
60 g Gerasperde Kaas
2 e Room
Metode Beslag
Sif meelblom en knypie sout saam. Voeg eier by en klits goed. Voeg melk geleidelik by en
klits tot beslag glad is. Laat staan min 20 min,
Bak jou pannekoek.
Metode
Kap hoendervleis fyn. Meng met die helfte van die witsous. Bak nou die pannekoeke en vul
met die hoendervulsel. Rol die pannekoeke op en plaas in ‘n bak. Voeg die kaas en die room
by die res van die witsous. Verhit die mengsel oor ‘n stadigge hitte. Gooi die sous nou oor die
pannekoek en rooster vir ’n paar oomblikke onder die oond se rooster.