Peper Biefstuk Pastei
2015-09-15- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.4 / 5)
18 People rated this recipe
Related Recipes:
Smul lekker vleispastei, tuisgebak !
bestanddele
15 ml Olie
2 pakkies KNORRĀ Black Pepper sous
50 g meel
800 g goeie gehalte beesvleis, (steak) in blokkies gesny
500 ml Water
2 Rolle skilferkorsdeeg, ontdooi
15 ml swartpeper
1 eier, liggies geklits
1 tl oondvaste bak
METODE
Rol die beesvleisblokkies in die peper en sprinkel met koekmeel.
In ‘n pan verhit die olie en braai die blokkies tot geurig.
Voeg die KNORRĀ Black Pepper sous en water by.
Prut vir 25-30 minute of tot vleis sag, en sous dik is. Laat afkoel.
Met een blaardeeg, bedek die bodem en kant van jou oondbak (1 tl) , sny ekstra af en prik bodem.
of
Bedek bodem/kante van 4 individuele oonvaste bakkies
Skep nou vol met die vleismengsel
Vou die 2de deeg oop en plaas dit oor die vleis mengsel, (of patroon volgens jou 4 oondbakkies) sny eksta deeg af, en seel kante toe met vurk
Versier met afgesnyde deeg, as jy oorhet
Borsel met geklitste eier.
Bak in ‘n voorverhitte 200 Ā° C vir 15-20 minute of tot goudbruin.
Met dank foto’s en resep:Ā Maritza Farham
Comment (1)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Anita de Bruyn on March 4, 2016
HEERLIKE RESEPTE DANKIE!!