Pannekoek-slaapsak
2009-01-15- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Ligte Maal
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4 / 5)
4 People rated this recipe
Related Recipes:
Pannekoekbeslag
3 x 250 ml koekmeel
3 groot eiers
175 ml koppie olie
25 ml asyn
3 ml sout
15 ml bakpoeier
4 x 250 ml water
Metode
Klits eiers en water baie goed.
Gooi kookolie, asyn en sout by en klits weer goed.
Gooi meel by en klits.
Gooi bakpoeier laaste by en klits vir 1 min.
Hoe langer die mengsel staan voor gebruik hoe beter. Die mengsel kan in die yskas gebêre word vir 1 week.
Bestanddele
6 mooi ryp piesangs
250 ml room
200 ml Amarula
5 eetlepels suiker
**Sjokolade sous (opsioneel)
Suurlemoenbotter (vir so 5 piesangs)
6 el botter
suurlemoensap na smaak
Sny jou piesang (verkieslik) lengte gewys in die helfte of skyfies
Verhit botter, gooi suurlemoensap by en braai die piesangs liggies in suurlemoenbotter.
Vir die sous:
Gooi die room en suiker in ‘n pan en roer tot suiker opgelos is. Laat kook vir so 5 minute, roer sagkens aanhoudend.
Gooi jou Amarula by, en roer goed. Hoe vroeër jy dit bygooi, hoe meer alkohol sal verdamp met die kookproses.
Rol jou piesang toe in sy pannekoekslaapsak en gooi jou sousie bo-oor.
Sit voor saam skeppie roomys .
**Gooi sjokolade sous oor na smaak.
Comment (1)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Carol Louw on July 3, 2015
Lekke kos.