Pampoen en Hoenderkerrie
2013-07-18- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.3 / 5)
4 People rated this recipe
Related Recipes:
Verdryf die koue met trooskos
Jy het nodig:
1 medium hoender in porsies gesny
45ml olie
2 groot uie, in ringe gesny
10 ml fyngedrukte knoffel
10 ml vars gerasperde gemmerwortel
25ml matige kerriepoeier
2 groot tamaties, ontvel en gekap
750ml pampoenblokkies
sout en vars gemaalde swartpeper
250ml hoenderaftreksel
30ml vars gekapte koljanderblare
Verhit ‘n groot dikboomkastrol en verf die bodem met olie. Braai die hoenderstukke tot goudbruin en skep uit. Verhit nog olie in dieselfde kastrol indien nodig en soteer die ui, knoffel en gemmer daarin tot sag. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai nog ‘n minuut tot geurig. Voeg die hoenderstukke, tamaties en pampoen by, geur met sout en peper en giet aftreksel oor. Bedek en laat stadig prut tot die hoender sag en gaar is. Voeg die koljander blare by, en roer liggies deur. Bedien dadelik.
.