Mash vir vol tjol klein seuntjies!
2011-06-03- Course: Bygeregte
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(5 / 5)
1 People rated this recipe
Related Recipes:
Ben 10 – Mash vir vol tjol klein seuntjies!
Bestanddele
4 groot aartappels geskil en in stukke gesny
4 groot murgpampoentjies (groen) in stukke gesny skil aan
1 ui fyn gekap
100gr botter
melk
sout en peper
Kook aartappels en murgpampoentjies tot sag, dreineer. Braai uie in bietjie olie tot sag maar nie bruin nie. Voeg ui by aartappels en murgpampoentjies. Mash met botter, melk en sout en peper na smaak. Voeg melk bietjies bietjies by tot net lekker sag nie sopperig nie. Geniet as ‘n bykos nes gewone mash. Dis ‘n maklike manier om groente in kleintjies in te kry sonder sukkel! Ek sit soms wortel of broccoli by. Baie lekker saam met gebakte hoender.
.