Lui Lekker Lamspotjie
2019-10-28- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.3 / 5)
12 People rated this recipe
Related Recipes:
Lui lekker Lamspotjie wat gaan tokkel met jou smaaksintuie. Propvol heilsaamheid. Lief vir kool? … die is ‘n moet ! Trooskos
Jy het nodig:
2 kg Lamskenkels
2 hande vol klein uitjies – geskil
6 heel konffeltoontjies – geskil en gekneus
2 hande vol klein aartappeltjies – skoon geskrop
1 pak sampioene – gewas en halveer
1 rooi soetrissie (redpepper) – opgekap
handvol gedroogte appelkose of perskes
koolkop – halveer en dan in kwarte opgekap (nou het jy 8 stukke-pas aan soos benodig)
Lemoenpampoentjies,soos benodig – halveer en ontpit
3 el tamatie puree
125 ml worcestersous
750 ml semi-soet rooiwyn
5 ml droe tiemie
vars gemaalde swart peper
olie
botter
Kookwater
So gemaak:
Verhit bietjie olie en braai heel uitjies en knoffel tot geurig oor medium hitte
Voeg vleisstukke by en potbraai tot bruin
Voeg eetlepel botter by, gedroogde tiemie, swart peper na smaak, sampioene en rooi soetrissie, braai als lekker saam tot geurig
Voeg genoeg kookwater by om vleis te dek, plaas deksel op en laat kook oor medium hitte tot vloeistof begin wegkook en weer begin potbraai.
Voeg by aartappels, gedroogde appelkose,tamatie puree,lemoenpampoentjies en koolstukke heel bo op
Voeg soet rooiwyn, worcestersous en een koppie kookwater by
Plaas deksel op en laat stadig prut vir 2 ure
Bedien met stampmielies, rys of lekker potbrood om al daai lekker sous mee op te dep