Kersfees Botterkoekies
2013-12-15- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.2 / 5)
11 People rated this recipe
Related Recipes:
Lekker Kersfees sjokolade gedipte botterkoekies saam ouma gebak vandag, ek deel graag die lekker oudtydse botterkoekie resep met julle . Sommer lekker maklik en heerlik..!!
4 koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier
1 en halwe kop witsuiker
halwe blok botter (250 gram ) lekker koud in blokkies gesny
3 eiers
mespunt sout
rooi kersies in die helfte gesny
1 blok sjokolade gesmelt – vir dip as koekies afegekoel het
Sif die droog bestanddele alles saam. Gooi nou die suiker by, en meng deur
Met jou vingerpunte vryf nou die botter by droog mengsel in
Klits nou die eiers liggies en gooi in by mengsel
Meng nou gou mooi deur tot ’n stywe deeg het, maak ‘n lekker bal , moenie teveel brei nie
Sprinkel jou werkblad met koekmeel
Rol die deeg uit o druk mooi vormpies uit. J.P
Druk halwe kersie liggies in die middel van die koekie vas
Plaas versigtig op gesmeerde bakplaat
Bak in ‘n voorverhitte die oond van 180 °C. vir 10-15 minute
Laat afkoel op die bakplaat doop dan een helfte van koekie in smelt sjokolade, en heeltemal afkoel verder op ’n draadrakkie.
Lekker bak almal…!!
*Veronica Burger via Facebook Boerekos Kookengeniet? *