Loader

Kalahari Hoender Pastei met Karringmelk Kruie Kors

2015-07-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Wors en Boontjie Kerrie met Pasteikors

  • Slapdeeg Maalvleis Muffin Pasteitjies

  • Kortpad Kul Quiche

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Pizzadeeg

Bestanddele:

1kg hoender fillette
1 l water
2-3 e Worcetershire sous
Hoender speserye
knippie of twee oregano
1 blokkie hoender aftreksel
2 groot uie
1 klein groen soetrissie
2 pakkies wit vars sampioene

 

sous:
1 pakkie hoender soppoeier
1 el koekmeel
1 1/2 k hoender aftreksel
1 k room
3 e suurlemoensap
sout en peper na smaak
Kook hoender saam met speserye/kruie, worcestershire sous, aftreksel blokkie en water tot gaar en sappig.

Haal hoenderstukke uit sous water, en versnipper die hoenderstukke. Hou eenkant.
Behou 2 kop van die aftreksel waarin jy hoender gekook het
Braai uie, soetrissie en sampioene to bruin
Meng nou saam die versnipperde hoender en gebraaide uie mengsel

Sous:
Meng koue hoenderaftreksel, room, soppoeier, koekmeel, suurlemoensap, sout en peper tot ‘n gladde pasta
Gooi sous by hoendermengsel en roer liggies  deur , prut 5 min
Plaas hoendermengsel in bak en sprei eweredig.

Laat goed afkoel
Slap oorgooi deeg:

2 koppies koekmeel
1 el bakpoeier
1 koppie karringmelk
1 koppie kookolie
3 eiers
2 tl gemengde droeë kruie
½ knoffelsout
knippie sout

METODE:

Voorverhit oond 180’C

Klits die karringmelk, kookolie en eiers saam.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam, voeg droeë kruie en knoffelsout by, meng liggies deur en klits in by karringmelkmengsel tot gladde slap deeg.
Gooi bo-oor gaar voorbereide afgekoelde pastei vleis,
Bak vir ongeveer 30 min by voorverhitte oond tot goudbruin

Leave a Reply