Kaas Soentjies
2016-08-17- Course: Ligte Maal
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(5 / 5)
3 People rated this recipe
Related Recipes:
Wat jy nodig het:
1/2 koppie melk
2 eiers liggies geklits
2 koppie kaas gerasper
1 koppie bruismeel
3 repe spekvleis opgekap en gebraai en afgekoel
1 ui opgekap, liggies gebraai en afgekoel
mespunt sout
mespunt rooipeper (cayenne peper)
So gemaak:
Voorverhit die oond tot 200C.
.
Klits saam eiers en melk in ‘n groot mengbak
Voeg res van die bestanddele by en meng goed deur
Voer ‘n bakplaat met bakpapier en skep groot eetlepel van die mengsel op die plaat.
Plaas in oond en bak vir sowat 20 minute of tot effens goudbruin .