Kaas en Spek Broodjie
2014-11-02- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(5 / 5)
3 People rated this recipe
Related Recipes:
DAAGLIKSE BROODJIE
250g ontbytspek
500ml selfraising meel
30ml bakpoeier
Knippie sout
150g botter
500ml volkoringmeel
1 pakkie suurroomsouspoeier (potato bake)
50ml gekapte pietersielle
12,5ml gemengde droë kruie
750ml gerasperde cheddarkaas
2 eiers ~ geklits met 350ml water
Braai spek tot bros en dreineer op kombuispapier.
Plaas eenkant.
Sif meel, bakpoeier en sout in `n groot mengbak.
Roer volkoringmeel by.
Vryf botter in droë bestanddele tot mengsel soos broodkrummels lyk. Roer spek en oorblywende bestanddele by, behalwe eiers en water. Klop eiers en water goed en voeg dan by. Roer om `n deeg te vorm. Skep in `n gesmeerde broodpannetjie en bak by 200 C vir 15 min, draai hitte af na 180 C, bak vir nog 45 min tot goudbruin en gaar.
Laat staan vir 10 minute voordat broodjie uitgekeer word.
Koel af op `n draadrak. Bedien met botter.