Hoender-schnitzel
2014-08-12- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.5 / 5)
2 People rated this recipe
Related Recipes:
Hoender-schnitzel (bedien 2) ~ Tuisgemaak , die beste !!
.2 hoenderborsies ~ half ontdooi en plat as moontlik geslaan
.Gegeurde broodkrummels ~ 6 sny brood, uitgedroog in oond by 110 C tot dor en kirk droog, (so 45 min)
* ek maak sommer ‘n hele brood so droog en bere die res in ‘n ziplog sakkie of bakkie wat goed kan seel, dan is dit daar vir ‘n volgende keer.
Stamp snye 1 op ‘n slag fyn in plastiekbak met plat bodem glasbottel ~ meng met speserye van jou keuse (rooipeper, aromat, swartpeper, hoenderspeserye ens) na smaak
.2 eiers geklits
.sous van jou keuse
.bietjie olie
Gooi handvol krummels in ‘n plat bak
Doop platgeslaande borsies goed in geklitse eier, sit op krummels neer , gooi nog krummels oor om bors goed te bedek, druk vas, en draai om, gooi krummels oor en druk vas, maak seker bors is mooi toe onder krummel. Sit op bord neer .Herhaal met ander borsies. Sprinkel nog krummels oor oop stukkies wat dalk nog uitsteek , druk vas. Maak nou toe met “clingwrap” of plastieksakie, en sit in yskas vir 30 min
Voorverhit oond na 180 C
Gebruik ‘n swaarboompan wat jy van die plaat na die oond kan verskuif
Verhit pan met so kwart koppie olie. Braai die schnitzel paar minute aan een kant, draai om
braai so 2 minute, druk dan in die oond. Sout na smaak. Bak so 20 min tot goudbruin en gaar.
Sit dadelik voor met sous van jou keuse