Heerlike Hoenderlewer Patee
2013-07-09- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Preserveer
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4 / 5)
5 People rated this recipe
Related Recipes:
Hoenderlewer Patee – Mikrogolf
1 groot ui, gekap
1 fyngekapte knoffelhuisie
30 ml botter
15 ml olie
250 g hoenderlewers
2,5 ml swartpeper sout na smaak
1 sny witbrood, verkrummel
20 ml brandewyn
45 ml room suurlemoenskyfies vir garnering
Soteer ui en knoffel in botter en olie 2 minute by volle krag. Voeg hoenderlewers by, prik membrane, bedek en mikrogolf 5 minute by volle krag.
Roer en mikrogolf nog 5 minute by volle krag. Voeg smaakmiddels, broodkrummels, brandewyn en room by en verpulp in voedselverwerker.
Skep in vier ramekinbakkies (85mm deursnee) en plaas in koelkas om te stol. Garneer met suurlemoenskyfies.
Hoenderlewer patee: – Op die stoofplaat:
25 g botter
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, gekap
15 ml tiemie, fyngekap
600 g hoenderlewers
40 ml brandewyn
15 ml tamatiepasta
160 ml room
sout en varsgemaalde swartpeper
100 g botter vir bo-op, gesmelt
Verhit botter tot warm in ‘n middelslag-pot. Voeg uie, knoffel en tiemie by. Braai liggies tot goudbruin. Voeg hoenderlewers by en braai verder tot goudbruin, sowat 5 minute. Voeg brandewyn en tamatiepasta by en meng goed. Laat brandewyn wegkook en voeg room by. Laat stadig prut vir sowat 5 minute of tot room met helfte verminder het. Geur goed met sout en swartpeper. Laat afkoel. Plaas mengsel in voedselverwerker en verwerk tot gladde patee. Verdeel mengsel tussen glasflesse van jou keuse. Gooi gesmelte botter bo-op en laat oornag in yskas stol. Sit voor met roosterbrood, agurkies en vars vye.
Comment (1)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Helena van Wyk on November 26, 2015
Lewerpateeresep Baie lkker