Geurige maalvleis en kaas op roosterbrood
2014-02-06- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Ontbyt
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(5 / 5)
2 People rated this recipe
Related Recipes:
Lus vir ‘n lekker fris ontbyt om die dag mee in te stap
Bestanddele – genoeg vir so 6 persone
700g maalvleis
2 el woestersous
1 uie fyn gekap
2 groot tamaties fyn gekap
aromat
sout en swartpeper na smaak
knypie pietersielie en tiemie
bietjie suiker
paar druppels asyn
bietjie olie
gerasperde kaas
brood vir rooster
Oor matige hitte braai uie tot bruin en sag in bietjie warm olie, voeg maalvleis en woestersous by, en braai bruin .
Voeg tamaties by, en braai tot sous droog raak. Voeg nou aromat en swartpeper by. Braai bietjie saam . Voeg laaste die pietersielie, tiemie en suiker en paar druppels asyn by. Roerbraai mooi bruin
Bedien met warm, gebotterde roosterbrood, en gerasperde kaas.