Daleen se Klapperkoekies
2014-04-22- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.8 / 5)
43 People rated this recipe
Related Recipes:
Lekker vir die koekblik kinders smul hieraan
3 kop koekmeelblom.
300 ml witsuiker.
1 kop klapper.
knypie sout.
1 kop botter
1 tl koeksoda.
1 tl appelkooskonfyt.
Voorverhit die oond tot 180 C.
Sif droë bestanddele saam.
Vryf die botter met vingerpunte in.
Meng die koeksoda en appelkooskonfyt saam en sny in droë bestanddele in. Indien nodig, voeg ‘n klein bietjie melk by om stywe deeg te vorm.
Vorm balletjies en plaas dit op ‘n bakplaat.
Druk dit met ‘n vurk plat en versier met rooi en groen glanskersies.
Bak vir ongeveer 10 minute tot ligbruin
*Daleen Burger via Facebook Boerekos Kookengeniet*