Brandewyn-en-Coke T-Been
2010-05-24- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Braaigeregte
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.7 / 5)
3 People rated this recipe
Related Recipes:
Neem die volgende vir die marinade:
Twee koppies Coke
Halwe koppie brandewyn
Koppie Mrs Ball’s-blatjang
Twee eetlepels sojasous
Twee eetlepels goeie asyn
Goeie gehalte T-Been
Gooi twee koppies Coke en die brandewyn in die pan.
Voeg Mrs Ball’s by.
Kook af tot die hele storie ‘n dunnerige stroop maak.
Klits dan die sojasous en asyn by, en kook vir nog so drie, vier minute.
Koel af.
Nou vat jy jou biefstuk en plaas hulle in die swart sous. Bedek die vleis met die sous en los vir 30 minute – maksimum.
Braai nou die steaks op rooster, op oop warm kole soos jy of jou gaste hulle wil hê. kwas gereeld met marinade..
Dieselfde marinade kan uiteraard op heerlike skaaptjoppie gebruik word…