Biltongslaai
2014-02-03- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Bygeregte
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.7 / 5)
3 People rated this recipe
Related Recipes:
Lekker maklik en vinnig… saam braai, of sommer ligte middag ete, self saans as dit so warm is en nie lus is vir kook nie… geniet
2 kop gaar skroef pasta
handjie vol kersietamaties – halveer en liggies gebraai in olyfolie
bietjie olyfolie
4 el suurlemoensap
1/2 kop basielpesto
2 koppies vol klam biltong
2 ryp avokado’s, geskil en in wiggies gesny
fetakaas gekrummel
handvol geroosterde neute
vars pietersielie
sout en peper
gemengde blaarslaai.
Spoel en breek blaarslaai in slaai bak,
Voeg suurlemoensap en pesto by olie in pan en verhit saam tot louwarm. Gooi by gaar pasta en skep in ’n slaaibak.
Gooi pestosous oor en meng deur. Voeg kersie tamaties, biltong, avo’s, fetakaas en pietersielie, sout en peper by en meng deur. Meng blaarslaai deur.
Sprinkel neute oor.
Sit dadelik voor.