Biefstuk, groenboontjie en dadel soet patat
2014-05-04- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.8 / 5)
5 People rated this recipe
Related Recipes:
Bord vol eenvoud
1.2 kg biefstuk (kruisskyf of T-been) van jou keuse
80ml bruinsuiker
1 suurlemoen(skil gerasper, sap uitgedruk)
340ml bier
1ui (fyn gekap)
5ml mosterdpoeier
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Plaas biefstukke in enkellaag in marineringsbak. Verhit bruinsuiker, bier, ui en mosterdpoeier, suurlemoenskil en sap, saam tot kookpunt. Verminder hitte en laat vir sowat 10 minute, onbedek, prut. Laat heeltemal afkoel. Giet marinade bo-oor biefstukke en marineer vir sowat 2 uur. Draai vleis 1-2 keer om. Verwyder uit marinade, geur met sout en peper. Rooster / Panbraai / Braai oor kole na smaak
Groenboontjies:
10 ml olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 pakkie groenboontjies, punte afgesny
2 takkies tiemie
150 ml hoender- of groenteaftreksel
1 el botter
Verhit die olie in ’n pan , Voeg die ui en knoffel by en soteer vir drie minute. Voeg die boontjies, tiemie en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Kook tot aftreksel verdamp het , gooi eetlepel botter by en braai liggies. sout en peper na smaak
Patats:
2-3 groot patats , in dik blokkies
sout na smaak
2-3 eetlepels suiker
½ koppie geblikte fyn pynappel
2-3 eetlepels brandewyn
1 eetlepel margarien
½ koppie gekapte dadels
**** of brandewyn na smaak
Sny patats in blokke. Kook amper sag in ‘n klein bietjie water. Wanneer gaar, gooi oortollige water af. Voeg suiker en margarien by en braai saam. Voeg brandewyn, dadels en pynappel by gebraaide patats. Verhit weer net voor opdiening.