Anys Beskuit
2013-09-26- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.6 / 5)
76 People rated this recipe
Related Recipes:
Onthou dae Anys Beskuit
2.5 kg koekmeel
15 ml sout
3 x 10 g pakkies kitsgis
250 ml anys saad – jy kan minder gebruik
250 g gesmelte botter
1 x 397 g blik kondensmelk
louwarm water
Meng die koekmeel, sout, gis en anys.
Meng botter / kondens melk saam en voeg by droe bestanddele.
Gooi louwarm water bietjies – bietjies by terwyl jy begin knie tot ’n sagte deeg te vorm, knie maar goed, vir minstens 10 min aaneen.
Sit in ‘n skottel en trek oor met swartsak, sit op warm plekkie, nie direk in die son nie…. en bedek die skottel met ligte doek.
Wanneer daai deeg tot dubbel gerys het, knie dit af .
Maak klein balletjies , pak dit in gesmeerde broodpan.
Maak nou die pan weer toe, laat goed uitrys.
Voorverhit die oond tot 200 ° C.
Bak vir 10 minute teen 200 ° C
Draai af tot 180 ° C en bak vir 35 minute
Laat bietjie afkoek voor jy uitkeer.
Baie lekker net so of droog dit uit in ’n lou oond.
*Alet Vermaak via Facebook Boerekos Kookengeniet*
Comments (2)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Christo on February 15, 2016
NICE
posted by Riana Venter on November 12, 2016
Klink na n lekker maklike resep. Sal hom moet probeer. Dankie